MENU

Where the world comes to study the Bible

“Ek Is Met Jou Altyd,” Deur Dik en Dun

Vertaal deur Cosmos Booysen

God is almagtig en weet alles.. Maar het jy dalk onlangs gedink aan sy verhouding tot die ruimte? Nie die buitenste ruimte per se nie, maar sy verhouding tot enige plek ter wêreld. Die God wat jy aanbid, is alomteenwoordig. Jeremia het dit baie goed uitgespreek: “Niemand kan in ‘n geheime plek wegkruip sonder dat ek hom sien nie” spreek die Here “Ek is oral in die hemel en op die aarde” spreek die Here (Jer. 23:24)

Dit beteken dat waarookal jy is, daar is God. Dit beteken dat op hierdie oomblik is God naby jou en as jy ‘n Christen is, is hy met jou—op ‘n baie spesiale manier—met sy hele wese en met absolute onverdeelde aandag. En tog, terselfdertyd en op dieselfde manier, is hy met my en elkeen van ons broers en susters om die wêreld heen. Dus is daar ‘n intieme verhouding tussen sy oneindige kennis en sy teenwoordigheid. Die psalmis het dit geweet en was in verwondering oor God se wonderlike natuur.

In Psalm 139:1-4 is die psalmis baie bewus van God se kennis van alles omtrent hom...

139:1 Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. 139:2 Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. 139:3 Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend. 139:4 Daar is nog nie ‘n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees. 139:5 U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. 139:6 Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip.

... die psalmis beskryf dan God se intieme kennis van ons tot sy teenwoordigheid by ons.

...139:7 Waarheen sou ek gaan om U Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom? 139:8 Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar. 139:9 Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, 139:10 ook daar lei u hand my, hou u regterhand my vas. 139:11 Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander, 139:12 maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig.

...dan verenig die psalmis God se kennis en sy teenwoordigheid met sy skeppingskrag. God is die Een wat ons geskape het en die plan van ons lewe bepaal (vgl Handelinge 17:24-28)

139:13 U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. 139:14 Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: 139:15 geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot 139:16 U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voor ek gebore is. (sien Jer 1:5)

Is dit enige wonder dat die psalmis eindig met ‘n deurdringende helder besef van sy eie beperkinge en stoflikheid in kontras met God se oneindige kennis, teenwoordigheid en krag...

139:17 Hoe wonderlik is U gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! 139:18 As ek hulle sou wou opnoem - hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê.

Die ware resultaat is dat ons die vestiging van God se koninkryk moet verlang, beide in die wêreld asook in ons eie lewens.

139:19 As U tog maar die goddelose uit die weg wou ruim, o God! Gaan weg van my af, julle moordenaars! 139:20 Dit is hulle wat bose planne teen U smee, wat so vals teen U optree. 139:21 Moet ek u haters dan nie haat nie, Here, moet ek nie ‘n weersin hê in mense wat teen U in opstand is nie? 139:22 Ek haat hulle met ‘n uiterste haat, want hulle is ook my vyande. 139:23 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. 139:24 Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!

So, watter verskil maak dit alles? Wel, laat ons daaroor dink. God se alomteenwoordigheid beteken dat Jesus met ons sal wees wanneer ons op ons missie om dissipels van alles nasies te maak, vertrek. Hy het vir sy dissipels gesê dat alle mag aan hom gegee is en dat hulle moet gaan en sy boodskap van geloof en gehoorsaamheid aan alle volke van die aarde oordra en toe voeg hy by, “En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” (Matt 28:19-20, vgl Gen 28:15)

Sy alomteenwoordigheid beteken ook dat wanneer mense Christus aanneem en daar probleme in verhoudinge is, Christene bymekaar kan kom om hierdie probleme uit te stryk met die volle wete dat Christus is daar met hulle. In Matt 18:20 sê hy—in die konteks van kerkdissipline—dat “wanneer twee of drie in my naam vergader (d.i. om ‘n broer of suster wat gesondig het te help herstel), daar is ek met hulle. Nou, dit is waar dat Jesus met Christene is of daar nou een persoon of ‘n honderd teenwoordig is maar hy wil hê ons moet weet dat hy ons nie sal alleen laat in die moeilike aspekte van dissipelskap nie. Ons kan vertrou op sy teenwoordigheid wanneer ons moet deel met ‘n broer wat sondig, ‘n eggenoot moet konfronteer, ‘n dwalende tienderjarige uitvra, ‘n werknemer moet afdank, aan die regverdige verwagtinge van ons kinders moet voldoen, probleme by die werk die hoof moet bied, moeilike kliënte moet hanteer, ens.

Daarom, die werklikheid van God se alomteenwoordigheid is goeie nuus want dit verseker ons dat maak nie saak waarvoor God ons roep om te vir hom te doen of wat hy toelaat om met ons te gebeur in ons lewens nie, hy sal daar wees met ons. Hy sal ons nooit verlaat of in die steek laat nie.

Related Topics: Devotionals

Report Inappropriate Ad